10 November 2021
In ons dertiger- en veertigerjare raak ons toenemend bewus van hoeveel tyd ons oorhet om vir ons toekomstige finansiële stabiliteit en onafhanklikheid te belê. Ons is geneig om te vra hoe ons spaargeld met dié van ander vergelyk en watter bates ons reeds behoort te hê.
Miskien is dit net ’n eienaardige manier om onsself te oortuig dat ons moontlik wel oukei sal wees.
Dalk is die rede waarom ons so baie parameters begin oorweeg en na ’n onafhanklike finansiële adviseur uitreik die feit dat aftreeberekenaars so onrealisties is en die lewe selde met lineêre sigbladaannames ooreenstem.
Daar is tye wanneer ’n krisis, ons loopbaan of ’n lewensgebeurtenis ons noop om ons spaarkoers te verhoog of te verlaag. Vir baie huishoudings is dit normaal dat spaar van jaar tot jaar wissel.
Die werklikheid is dat dit moeilik is om die vraag, “Is jou langtermynbelegging op koers?” te beantwoord.
Dis nie soseer ’n item wat jy kan afmerk nie, maar eerder ’n lewenslange gesprek wat jy met jou finansiële adviseur moet hê. Daar is ’n menigte faktore betrokke – van jou spaarkoers, inkomste, markopbrengs, geluk, verwagtinge en leefstylkeuses tot onvoorsiene gebeure – en meer. Party van hierdie faktore is binne ons beheer, terwyl ander niks met ons besluite te make het nie.
In ’n onlangse blog oor hierdie onderwerp skryf Ben Carlson, top Finansiële Skrywer en Gesertifiseerde Finansiële Adviseur in die VSA:
Dit wys waarom relatiewe vergelykings so ’n groot versoeking is wanneer dit by jou finansies kom. Ek verstaan waarom jong mense graag wil weet waar hulle in vergelyking met hul portuurgroep staan. Niemand wil agterraak nie en die wete dat jy voor is, sal vanselfsprekend die lewe makliker maak. En ongeag waar jy staan, is dit goed om te weet hoe jy finansieel vaar.
Dis belangrik om te onthou dat gissing deel van die aftreeproses is wanneer dit by finansiële beplanning kom. Alhoewel ’n ingeligte raaiskoot, wat soveel van die bogenoemde faktore moontlik in ag moet neem, steeds ’n raaiskoot is, is dit die beste wat ons het.
Carlson sê verder dat sekere raaiskote in die kol is, terwyl ander die doel mis. Die lewe gebeur, en ons moet ons aannames volgens die werklikheid aanpas.
Ons by SFP het gevind dat wanneer ons na ons kliënte se reis na finansiële onafhanklikheid kyk, die volgende vrae nuttig is om ’n gesprek aan die gang te kry:
Dis nie maklik om vrae aan onsself te stel nie; dis fokuspunte wat ons help wanneer ons met ’n vertroude finansiële adviseur beraadslaag en gesels.
Sommige algemene beginsels sal altyd waar wees. As jy vroeg begin spaar, bied dit jou later in die lewe buigsaamheid wat jou spaarkoers en spaarbesluite betref, omdat samestelling ’n uiters belangrike rol by beplanning vir langtermynbelegging speel.
Ons weet dis moeilik, maar moenie jou finansiële situasie met dié van ander vergelyk nie. Die enigste verwysingspunt wat saak maak wanneer dit by spaar vir aftrede kom, is om die werklikheid met jou eie verwagtinge te vergelyk. Dit het minder met ’n gelukkige nommer en meer met die reis van keuse en vryheid te make.