Die bekende fisikus, Albert Einstein, het op ’n keer opgemerk: “Saamgestelde rente is die agtste wonder van die wêreld. Hy wat dit verstaan, verdien dit – hy wat dit nie verstaan nie, betaal dit.”
Hierdie opmerking werp lig op die transformerende mag van saamgestelde rente, waar die rente wat jy verdien self rente begin verdien en oor tyd eksponensiële groei tot gevolg het. Wanneer dit reg aangewend word, is dit ’n uiters waardevolle hulpmiddel vir welvaartskepping.
Na aanleiding van Einstein se diepgaande begrip van saamgestelde rente glo ons by Succession Financial Planning dat Belastingvrye Spaarrekeninge (BVSR’s) ’n onfeilbare hulpmiddel is. Dit bevorder nie net ’n gereelde spaargewoonte nie, maar benut ook doeltreffend die mag van saamgestelde rente tot jou finansiële voordeel.
Jy sien, ’n BVSR is nie net ’n rekening nie. Dis ’n baie nuttige hulpmiddel om jou aftreefondse of spaar vir spesiale geleenthede en drome aan te vul.
Die voordele van ’n BVSR sluit onder meer die volgende in:
Geen belastingimplikasies vir inkomste of rente nie
Geen dividendbelasting nie
’n Algehele kwytskelding van kapitaalwinsbelasting
Die voordele van ’n BVSR word ook nie net tot jou beperk nie; jou minderjare kinders kan ook deel van hierdie finansiële reis uitmaak.
Ons besef egter ook dat ’n BVSR nie ’n beleggingsoplossing is wat almal pas nie. Afhangende van jou gemak met risiko en finansiële doelwitte kan jy veiliger bankrekeningprodukte of aantreklike aandelefondse kies.
Die aankweek van gesonde beleggingsgewoontes vir jou finansiële reis maak die kern van BVSR’s uit. Soos enige goed beplande reis is daar egter ook padwysers om die reis makliker te maak. Daar is ’n jaarlikse bydraeperk van R36,000 per persoon en ’n leeftydperk van R500,000.
Dis noodsaaklik om dit nie as beperkings te beskou nie, maar as gestruktureerde rigtingaanwysers wat daarop gemik is om jou beleggings te optimaliseer. Ongeag of jy versigtige treë met so min soos R250 per maand gee of met rasse skrede met tot R3,000 per maand vorder, die buigsaamheid is ongeëwenaard.
Indien enkelbedragbeleggings jou meer geval, kan jy van R10,000 tot die jaarlikse perk van R36,000 belê. Let net daarop dat alhoewel dit moontlik is om verskeie BVSR’s te besit, die oorskryding van die jaarlikse perk van R36,000 groot belastinggevolge inhou en belasting van 40% op die bedrag bo R36,000 betaalbaar sal wees.
By SFP word ons BVSR-portefeuljes noukeurig saamgestel en word kostedoeltreffendheid met die dinamiek van aktiewe indeksfondsbestuur gebalanseer.
Die ware aantrekkingskrag van ’n BVSR word nie tot die huidige oomblik beperk nie; dis ’n visionêre beleggingstrategie wat vir die lang termyn ontwerp is en jou finansiële sterkte jare lank verseker. Sedert die totstandkoming van SFP in 2010 het ons al talle kliënte op die pad van lonende beleggings gelei. As jy dit oorweeg om te begin spaar of jou spaargeld te vermeerder, is die BVSR ’n goeie weg om te volg, en ons sou graag met jou daaroor wou gesels.