24 May 2024
Jou Geldingesteldheid

Ons verhouding met geld is ingewikkeld en uiters persoonlik, en is dikwels gewortel in die subtiele boodskappe en ervarings uit ons kinderjare. Hierdie vormingsinvloede vorm wat finansiële sielkundiges ‘geldtekste’ noem – onbewuste sienings omtrent geld wat ons finansiële gedrag ons hele lewe lank rig: jou geldingesteldheid.

Hierdie tekste is diep ingewortel en word in ons kinderjare gevorm deur die ingesteldhede en reaksies van ouers, familielede en die breër kultuur waar te neem en in te neem. As geld byvoorbeeld ’n voortdurende bron van konflik in jou gesin was, kan jy ’n teks met jou saamdra wat geld met moeilikheid assosieer, wat ’n invloed kan hê op hoe jy vandag jou finansies bestuur.

Hierdie skakel tussen ervarings in ons kinderjare en volwasse finansiële gedrag beklemtoon die groot impak wat gebeurtenisse vroeg in ons lewens op ons finansiële besluite kan hê, en skep beperkende sienings.

Baie van ons het beperkende sienings omtrent geld sonder dat ons dit eens besef. Hierdie sienings staan ook bekend as blinde kolle – en dis waarom ons dit tipies nie self kan sien nie.

Algemene voorbeelde is onder meer die volgende:

  • "Geld is die wortel van alle kwaad”, wat daartoe kan lei dat iemand skuldig voel oor die nastrewing van finansiële sukses of welvaart

  • "Ek sal nooit genoeg hê nie”, wat ’n skaarste-ingesteldheid kan skep en dit moeilik maak om met selfvertroue finansiële besluite te neem of in geleenthede te belê

Hierdie tekste vorm nie net ons emosionele reaksies op geld nie, maar ook ons finansiële gedrag, en gee dikwels aanleiding tot selfsaboteringsaksies soos oorbesteding, finansiële vermyding, of oormatige afkeer van risiko.

Om van ’n beperkende geldingesteldheid oor te gaan na een van oorvloed gaan nie net oor ’n verandering van gewoontes nie maar ook oor diepe nadenke en doelbewuste verandering van ingesteldheid. Begin deur jou bestaande ‘geldtekste’ te identifiseer – daardie diepgewortelde sienings omtrent geld wat jy sedert jou kinderdae het. Dink daaroor na, skryf dit neer, en bepaal krities of dit op die werklikheid gebaseer en voordelig is, en of dit bloot jou finansiële groei belemmer. Hierdie proses kan insiggewend wees en jou bemagtig om vooroordele wat jou nie help nie, te konfronteer en daarvan ontslae te raak.

Jy kan hierdie nuwe ingesteldheid verryk deur dankbaarheid te beoefen; fokus daarop om dit wat jy reeds besit, te waardeer in plaas van om te kla oor wat jy nie het nie. Hierdie verandering in perspektief kan ’n gevoel van oorvloed tot gevolg hê. Die stelling van duidelike finansiële doelwitte kan ook rigting en motivering verskaf, en jou daaglikse optrede in ooreenstemming met jou langtermyn finansiële doelwitte bring.

By SFP glo ons dat om ons kliënte te help om finansiële beginsels te verstaan nie net ingewikkelde ekonomiese omgewings vir hulle duidelik maak nie, maar hulle ook die vertroue gee om ingeligte besluite te neem. Hierdie stappe vorm die grondslag vir die ontwikkeling van ’n ingesteldheid van oorvloed, en maak ’n gesonder, meer proaktiewe verhouding met jou finansies moontlik.

Ons glo dat ’n begrip van jou geldingesteldheid en die verandering daarvan noodsaaklik is vir die bereiking van finansiële welstand. Deur beperkende geldtekste te identifiseer en te herskryf, kan jy ’n meer voorspoedige en positiewe verhouding met jou finansies ontsluit. Onthou, die weg na finansiële vryheid gaan nie net oor die bestuur van geld nie, dit gaan ook oor die beheer van jou ingesteldheid.

Ons finansiële adviseurs is daartoe verbind om jou te ondersteun met die ondersoek en verandering van jou finansiële sienings, en jou te help om ’n nalatenskap van oorvloed te bou. Met die regte ingesteldheid en strategieë word die weg na finansiële sekerheid ’n vervullende reis van persoonlike groei en prestasie.

Besoek vandag nog ons webwerf om die regte finansiële adviseur te kry om jou op jou reis by te staan.