Is jy trots daarop dat jy meer as een taak op ’n slag kan verrig? In die hedendaagse digitale wêreld is dit dalk nie so gesond soos wat ons wysgemaak is nie. Tegnologie maak dit vir ons moontlik om verskeie dinge gelyktydig te doen. Van gesprekke tot navorsing tot die skep van inhoud, en take wat met die hand verrig word, kan ons verskeie dinge gelyktydig doen: multitaakverrigting.
Selfs al beskou ons nie onsself as mense wat verskeie take op een slag kan verrig nie, is ons dit tog as e-pos na ons fone kom, verskeie bladsye in ons blaaiers oop is, verskeie apps op ons fone oop is, en ons gereeld aandag aan ons toestelle gee terwyl ons ontspan.
“Multitaakverrigting is ’n mite. In werklikheid is dit die vinnige oorskakeling van een taak na ’n ander, en dan weer terug. En elke keer wanneer jy oorskakel, betaal jy ‘belasting’ op jou tyd en jou energie. Om daardie rede is monotaakverrigting byna altyd meer doeltreffend. Fokus op een ding en beweeg aan wanneer jy klaar is sodat jy nie onnodige oorskakelingsbelasting betaal nie.” – Sahar Yousef, Kognitiewe Neurowetenskaplike, Universiteit van Berkeley.
Volgens ASANA, a projekbestuursagteware-maatskappy, is multitaakverrigting nie net nadelig vir ons produktiwiteit nie, maar ook nadelig vir ons geestelike gesondheid. Volgens hul navorsing het sewe uit tien kenniswerkers (71%) minstens een keer in die vorige 12 maande uitbranding ervaar.
Dit wil beslis voorkom asof uitbranding en multitaakverrigting hand aan hand gaan. In dieselfde ondersoek het ASANA bevind dat twee derdes (65%) van mense wat ongemaklik gevoel het omdat hulle nie toegang tot hul fone het nie, uitbranding ervaar het in vergelyking met 45% van mense wat nie ongemaklik daarmee was nie.
Daar bestaan ’n mite dat ons van nature verskeie take op een slag kan verrig, maar die menslike brein kan nie gelyktydig volle aandag aan meer as een taak gee nie. Elke keer wat ons tussen take omskakel, “betaal ons ’n prys”. Wanneer ons dink dat ons met multitaakverrigting besig is, skakel ons in werklikheid baie vinnig van een taak na ’n ander oor. Dis veeleisend en dit neem langer om dieselfde ding te doen.
Multitaakverrigting verbeter nie produktiwiteit nie. Dis nie maklik om te bepaal nie: ons doen twee dinge gelyktydig – selfs al word daardie dinge nie perfek geoptimaliseer nie – dus, kry ons tog sekerlik meer gedoen?
Volgens ASANA is dit in werklikheid die teenoorgestelde. Navorsing deur drs David Meyer en Joshua Rubinstein het bevind dat selfs hierdie kortstondige verstandelike stremming wat as gevolg van kontekstuele omskaling kan ontstaan, tot 40% van iemand se produktiewe tyd in beslag kan neem.
Omdat die omskaling tussen kognitiewe take verstandelike inspanning verg, raak multitaakverrigting jou vermoë om werk doeltreffend te doen.
Dis waarskynlik nie meer as billik nie om te sê dat multitaakverrigting nie volkome vermy kan word nie, maar ons kan erken dat ons tye in ons dag nodig het wanneer ons een taak kan verrig – tye van harde werk en volkome rus. Die res van die tyd sal ons verskeie take gelyktydig moet verrig. As daar tye van die dag is wanneer ons ons doelbewus op een taak toespits, sal ons vind dat ons produktiwiteit en geestelike gesondheid aansienlik verbeter.