"There are always flowers for those who want to see them." — Henri Matisse.
’n Esel stamp hom nie twee maal teen dieselfde klip nie. Ná ’n reeks internasionale en plaaslike gebeure wat ons maatskaplike, ekonomiese en politieke landskap geruk het, is dit maklik om net die onkruid en dorings rondom ons raak te sien. Maar, die ikoniese Franse visuele kunstenaar, bekend vir sy gebruik van kleur en oorspronklike vakmanskap, herinner ons daaraan dat daar altyd blomme is vir diegene wat dit wil raaksien.
Ondanks onlangse gebeure is ons egter deur ewolusie geprogrammeer om te fokus op wat verkeerd is. Ons het geleer om te oorleef deur gevare raak te sien, by ons foute stil te staan, en meer tyd aan ons vrese as aan ons hoop en drome te wy.
Ons by SFP glo egter dat jy ’n betekenisvolle lewe kan lei deur te fokus op dit wat positief is – te erken wat in die verlede en tans goed is, en optimisties oor die toekoms te wees. Ons strewe daarna om kleur en vloeibaarheid in die lewe te soek.
Ons kan dikwels heeltemal onbewus wees van ons negatiewe vooroordele. Soos ’n padda in die ketel wat aan die kook is, laat ons toe dat negatiwiteit insluip. Ons moet almal daaraan herinner word dat ons positiewe emosies soos hoop, ontsag, nuuskierigheid en dankbaarheid ons kan help om die blomme raak te sien en ’n meer lewenskragtige en optimistiese siening te ontwikkel.
Ons vra dikwels vrae soos: “Hoe het die ervaring jou beter voorberei en toegerus vir soortgelyke uitdagings in die toekoms?"
Dis omdat selfs die moeilikste tye tot positiewe uitkomste kan lei. Sodoende kan ons wegbeweeg daarvan om altyd die negatiewe raak te sien en positief begin wees. Of ons kan die woorde reg en verkeerd verander na gesond en ongesond. Ons kan risiko op ’n positiewe manier bepaal en vanuit ’n posisie van mag, en nie vrees nie, vir die toekoms beplan.
Ongeag of dit verskeie jare van swak markte, swak gesondheid, of ongelukkige verhoudings is, kan ons kies om die blomme raak te sien en kan ons besluit om dit vandag te doen. Hoe verwaarloos die tuin ook al mag wees, sal daar altyd blomme, skoonheid en lewe wees. Om dit te begin besef, is ’n nuttige stap om ’n gesonder lewe te begin lei en die slegte gewoontes te verander.
As finansiële beplanners werk ons met mense in alle stadiums van die lewe, en dikwels moet ons met hulle werk wanneer hulle ongesond is (orals sien wat verkeerd is) en hulle ondersteun op ’n reis na gesondheid en geluk (die positiewe raak te sien). As jy graag wil gesels, kontak ons gerus en laat ons kyk hoe ons kan saamwerk.