Dis so maklik om geïsoleerd te voel, veral in ’n gejaagde, oppervlakkige wêreld waarin ons maklik van ons wesentlike oortuigings en doelwitte kan afdwaal. Ons besef dit en beklemtoon die nodigheid om ’n rukkie stil te staan en daaroor na te dink.
Ons is daartoe verbind om jou te help om weer aansluiting te vind by jou diepste waardes, jou finansiële pad te omvorm om in ooreenstemming met jou werklike doelwitte te wees, en elke tree wat jy gee om dit te bereik, te geniet.
Vind Weer Aansluiting by Jou Passie
Steve Jobs het eenkeer gesê, "Die enigste manier om goeie werk te doen, is om lief te wees vir wat jy doen. As jy dit nog nie gevind het nie, hou aan soek.” Ons sien dikwels hoe kliënte ’n bepaalde weg volg, nie omdat hulle ’n passie daarvoor het nie, maar uit gewoonte of omdat hulle voel dat dit hul plig is. Ons moedig jou aan om weer aansluiting te vind by dit wat jou werklik voortdryf. Dit gaan nie net oor finansiële wins nie; dit gaan ook daaroor om genot en ’n doel te vind in wat jy doen.
Herkalibreer Voortdurend
Volgens Anais Nin is die lewe ’n proses van wording, ’n kombinasie van state waardeur ons moet gaan. Mense misluk omdat hulle ’n staat wil kies en daarin wil bly. Dis ’n soort dood.
Op jou finansiële reis is dit noodsaaklik om verandering te aanvaar en jou strategieë te herkalibreer. Om aanpasbaar te bly – of dit nou is om jou belegggingsportefeulje aan te pas of jou aftreeplan te verander – is belangrik vir blywende sukses.
Verheug Jou in die Hede
Jim Rohn se wyse woorde is iets om te onthou: “Geluk is nie iets wat jy vir die toekoms uitstel nie; dis iets wat jy vir nou skep.” Alhoewel ons by finansiële beplanning op toekomstige doelwitte fokus, is dit net so belangrik om vreugde uit die huidige oomblik – die klein treetjies en mylpale langs die pad – te put. By Succession Financial Planning moedig ons jou aan om jou vordering te vier in die wete dat elke keuse en elke prestasie, ongeag hoe klein dit is, tot jou finansiële welstand bydra.
Leer uit Kwesbaarheid
In Brené Brown se TED-aanbieding, ‘The Power of Vulnerability’, praat sy van die krag om ons kwesbaarheid te aanvaar.
Hierdie beginsel is ook op finansiële besluite van toepassing. Om onsekerhede by beleggings of finansiële planne te erken, is nie ’n swakheid nie; dis ’n tree na meer ingeligte keuses wat jy met vertroue doen. By Succession Financial Planning koester ons ’n omgewing waarin die bespreking van finansiële kwesbaar hede nie net aanvaar word nie, maar aangemoedig word, omdat ons glo dat dit aanleiding gee tot sterker en meer lewenskragtige finansiële strategieë.
Leer Beter Gewoontes Aan
Ten slotte, soos James Clear in "Atomic Habits” uiteensit, lei klein veranderinkies na beduidende resultate. Dis nie nodig om enorme verskuiwings te maak as jy jou finansiële gewoontes verander nie. Klein, konsekwente aanpassings in hoe jy spaar, belê, of geld bestee, kan groot, langtermynvoordele tot gevolg hê.
By SFP is ons nie net jou finansiële adviseurs nie; ons is jou vennote op hierdie reis van heraansluiting, verandering, en vreugde. Ons is hier om jou te help om hierdie stappe te doen en te verseker dat jou finansiële plan nie net ’n padkaart na jou doelwitte is nie, maar ’n weerspieëling van jou reis ’n vervullende en genotvolle lewe. As jy graag met iemand wil gesels, kontak ons span vandag.